2026 VLR Lede
HSDA verwelkom nuut verkose VRL-lede van 2026.
Op 30 Januarie 2026 het Hoërskool De Aar se nuut verkose VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) van 2026 opleiding ontvang.
Leerders het dieper gedelf in die skool se waardes, hoe om ‘n goeie leier te wees en wat hulle rol en verantwoordelikhede vir die termyn van 2026 is.
Gedurende hierdie opleidingsessie is daar vier ampsdraers verkies wat die voortou moet neem van die VRL vir 2026.

Die volgende ampsdraers is verkies om leiding te gee vir die VRL van 2026:
Voorsitter: Taylor van Tonder,
Onder-voorsitter: Ethan Britton.
Sekretaresse: Erin Merrington en
Onder-sekretaris: Achumile Josi.
Ons as HSDA is baie trots op hierdie nuwe leierskap van 2026.
