Boan Venter





Van klein dorpie tot groot rugbydroom



Boan Venter oud-skolier van Hoërskool De Aar was vir die Junior Springbokke en SA Uitnodigingspan na Dubai gekies toe hy op Hoërskool De Aar was.

BOAN VENTER speel ook vir die SA GEMSBOKKE 0.18 UITNODIGINGSPAN in die Internasionale sewes rugby- kompetisie in Dubai



Boan het op 27 April sy debuut vir die “Super Sport Challenge” Pro 14-reeks teen die Kings vir die Cheetahs gemaak en vertel hy het uiteindelik die kans gekry wat hy verdien.

Boan is al vanaf 2016 by die Cheetahs gekontrakteer en soos enige ander speler moes hy sy pad oopspeel tot waar hy vandag is.



Boan speel tans in Skotland vir Edinburgh rugby waar hy gekontrakteer is.

Die losstut, wat ook droom daarvan om eendag vir die groen en goud uit te draf, kan spog met ‘n drie wat hy tydens sy eerste Pro14- wedstryd gedruk het.

“Dis was vir seker die kersie op die koek.”





Rugby SA-skole en Springbok 2025: Boan Venter

Abram Adrian 'Boan' Venter is 'n Suid-Afrikaanse rugbyunie-speler wat tans vir Edinburgh Rugby in die Verenigde Rugby Kampioenskap speel.

Hy het Griekwas o.13, o.16 en o.18 Cravenweek gespeel asook SA-Skole A in 2015 voordat hy na Bloemfontein verhuis het om by die Vrystaat Cheetahs aan te sluit.

Hy het vir hul in die 2016 o.19 Provinsiale Kampioenskap gespeel asook in die 2017 en 2018 o.21 Provinsiale Kampioenskap.

Boan het Varsity Cup-rugby vir UFS Shimlas en ook vir die Junior Springbokke gespeel.

Hierdie Stut, het sy Springbok-debuut teen Georgia by die Mbombela Stadion in Mbombela gemaak (Springbok nr. 950) en hy het sy eerste drie in sy eerste cap vir Suid-Afrika se 55-10 oorwinning, aangeteken.

Venter is tans deel van die Springbok-rugby oefengroep van 36 spelers.

Hy is die eerste speler wat by Hoërskool De Aar gematrikuleer het, wat dit tot die Springbokspan gemaak het – ’n historiese mylpaal vir ons skool!

Boan is gekies vir die groep Springbokke se toer na Nieu-Zeeland.