DANIëL EN PHILIP DU TOIT

SA skuts skitter in Engeland
Daniël en Philip du Toit, leerlinge van Hoërskool De Aar, het op 8 Julie 2018 na Engeland vertrek om aan die 149ste Imperial Meeting deel te neem as deel van die SA Junior o/19 span. Vanaf 16 Julie tot en met 20 Julie het hulle aan die School's Meeting deelgeneem. Hulle het egter hierdie kompetisies as oefening gebruik vir die Nasionale kompetisie wat gevolg het. Die afstande vir hierdie kompetisies was onderskeidelik 300, 500, 600, 900 en 1000 yards. Daar was verskeie kompetisies op die verskillende afstande geskiet. Die heel belangrikste kompetisie was die H.M. Queen's Prize. Hierdie kompetisie bestaan uit drie stadiums. Die eerste stadium word deur alle deelnemers geskiet. Vir die tweede stadium word die top 300 gekies en na die tweede stadium word slegs die beste 100 gekies vir die derde stadium. Daniël het gevorder tot en met die derde stadium wat op 'n 900 en 'n 1000 yards plaasgevind het. Behalwe vir die individuele kompetisie was daar ook spanskiete gewees. Daar was twee toetse wat tussen Suid-Afrika, Engeland en Kanada plaasgevind het. Ongelukkig het Suid-Afrika nie een van hierdie twee toetse gewen nie. 'n Derde toets het tussen Suid-Afrika en Engeland plaasgevind en die SA-span het nie daarin geslaag om die Engelse span ore aan te sit nie. Philip het wel met een van hierdie toetse die hoogste telling onder die SA-span behaal. Beide Daniël en Philip het uitmuntende prestasies behaal en sal weer saam met die SA-span die Engelse die stryd aansê met die aankomende Nasionale kampioenskappe.
PROTEA SKIET
Philip du Toit
Philip neem op Saterdag, 6 April 2019 deel aan die Skotse Swaard wedstryd wat gevolg word deur drie klub spanwedstryde waar hy Noord-Kaap Bisley klub verteenwoordig. Hy neem ook op individuele basis aan die SA Ope Kampioenskappe deel. Met deurlopende evaluasie tydens die kompetisie naamlik die Staatspresident eerste en tweede stadium kwalifiseer hy om ook in die finale derde stadium te skiet waar daar ʼn afsnypunt was en slegs die top 57 skuts gekies is om deel te neem.
Hy neem ook deel aan die interprovinsiale wedstryd en verteenwoordig Griekwaland-Wes in die betrokke kompetisie saam met Senior skuts.
Philip word gekies as lid van die Junior Protea Span wat op Woensdag, 10 April 2019 ʼn internasionale toets teen die span van Brittanje skiet en hulle wen die betrokke toets. Op Saterdag, 13 April 2019 skiet hulle weer ʼn toets teen die Britte, maar verloor hierdie keer.
Philip verteenwoordig sy provinsie en sy land tydens die byeenkoms wat bekend staan as die 83ste SA Ope.
Daniël du Toit
Op Vrydag 12 April 2019 neem Daniël aan die interprovinsiale wedstryd deel en verteenwoordig Griekwaland-Wes in die betrokke kompetisie saam met senior skuts.
Daniël word gekies as lid van die Junior Protea span wat op Woensdag, 10 April 2019 ʼn internasionale toets teen die span van Brittanje skiet en hulle wen die betrokke toets. Op Saterdag, 13 April 2019 skiet hulle weer ʼn toets teen die Britte, maar verloor hierdie keer.
Daniël verteenwoordig sy provinsie en sy land tydens die byeenkoms wat bekend staan as die 83ste SA Ope Bisley Kampioenskappe en verwerf beide provinsiale en nasionale kleure vir skiet.

