2025 Mnr Johan Hattingh

Op 20 Junie 2025 het Johan Hattingh (onderwyser by HSDA) sy B.Ed-graad in Senior Fase en FET by UNISA behaal.
Die gradeplegtigheid het plaasgevind by PACOFS Sand Du Plessis, in Bloemfontein. Johan, het sy studies met groot toewyding voltooi, wat op 'n blink toekoms as opvoeder dui.
Hierdie mylpaal illustreer duidelik hoe onderwys 'n beduidende rol speel in die bevordering van gemeenskapsontwikkeling.
Baie geluk!