2023 Seniorraad





HSDA: Seniorraad 2023



Voor: Laurentia Olifant (Onder Hoofdogter); Prince Rajabu (Hoofseun); Elizca Bester (Hoofdogter); Siyanda Cube (Onder Hoofseun)

Middel: Onthatile Matebesi; Carishna Morker; Dieter Wilson, Vuyisa Mata; Karla Dumas

Agter: Amand Kitengye; Jaco Mouton; Marco Gadney





HSDA SENIORRAAD GERAT VIR 2023

Hoƫrskool De Aar se nuut verkose leiers het Saterdag 2 Desember, opleiding in Bloemfontein ontvang.

Hierdie opleiding is deur Christiaan Nienkemper (Life Coach) aangebied.

Die doel van die opleiding is om hulle te help om hulle volle potensiaal as leier te ontwikkel.

Die seniorraad het dit terdeƫ geniet en dit baie leersaam gevind.

Fokuspunte sluit in: Groepwerk, konflik hantering asook die ontleding van verskillende persoonlikheid tipes.

HSDA glo dat die skool in goeie hande is. Ons wens hierdie leiers net die beste vir die komende termyn toe.