2024 Seniorraad





HSDA SENIORRAADKAMP

Vanaf 26 tot 28 Oktober 2023 het die Seniorraad hul jaarlikse leierskamp bygewoon.

Die kamp was deur Teambo in Bloemfontein aangebied.

Die leerders was in twee spanne verdeel en hul het aan verskeie spanbou-aktiwiteite deelgeneem.

Teambo het ook riglyne aan hulle verskaf om ’n geleentheid deeglik te beplan.

Die kamp was op ’n hoë noot afgesluit deur al die aktiwiteite te beplan vir hulle termyn wat voorlê.

Hulle motto vir 2024 is: “It is not the badge or pin on your blazer that makes you a good person. Your actions make you a good person”.