Robert van der Feyst





MOTIVERINGSPREKER BY HSDA

Donderdag, 13 Mei 2021, het Robert van der Feyst by Hoërskool De Aar die skoliere in graadverband, toegespreek oor die waarheid oor dwelms. Onderwerpe het onder andere ingesluit, “Hoe om iemand te help wat in dwelms vasgevang is; “Hoe om jou lewenstandaard te verbeter” en “Die lewe is beter as dwelms”.

Robert van der Feyst is die Uitvoerende Direkteur van Narconon, en hierdie sessie is moontlik gemaak deur die SBL van die skool. Ideaal gewys wil ons leerders toerus om pro-aktief op te tree, gesonde keuses te maak en negatiewe invloede die hoof te bied, eerder as om te val vir groepsdruk, of in te gee vir verkeerde keuses.

Die strik waarin tieners vasgevang word,is dat hul dink, dwelms maak die sleg beter. Die lewe is moeilik en hard en dan dink hul dwelms en drank gaan dit beter maak. Maar die realiteit is, dit trek jou af en affer. Jy gaan juis jou doelwitte en sukses in die lewe bereik, sonder dwelms en middels.

Hoërskoolleerlinge van graad 8-12 is elkeen uitgedaag om beter keuses te maak. In plaas van dwelms kies, kies beter. Kies geluk. Kies lewe. Kies eg en ewig. Kies om ander te hanteer, soos jy jouself behandel wil word.

Kies teen die norm in, om jou ouers te eer en jou eie lewe te respekteer. Kies om hard te werk; passievol en eerlik. Wees vir ʼn verandering betroubaar en ʼn lojale vriend, ten spyte van.

Die waarheid is: Alle dwelms van alkohol tot tik tot dagga (marijuana) is skadelik en gif vir jou liggaam. Dit verlaag jou lewenskwaliteit en maak jou swakker en sleg en stadig. Dwelms gaan nie jou verwerping, onder-prestasie, aanvaarding of welstand verhoog nie. Na die gebruik daarvan, gaan als net nog erger en nog slegter wees.

Kies dus reg. Kies die gelukkiger en beter weg. Kies lewe!

Skoliere het aandagtig geluister en is dankbaar vir ʼn ongelooflike geleentheid, moontlik gemaak deur HSDA Beheerliggaam.

HSDA is dankbaar vir Franconette van De Herberg Gastehuis wat die verblyf van die spreker geborg het.