2022 Me. Zietsman





HULDEBLYK DEUR NICA SADIE (EN ANDER)



Me. Zietsman was vanaf 1 Januarie 1984 tot 2022 verbonde aan die Hoërskool De Aar.

Carien se gunsteling woorde die eerste 15 jaar van die 17 jaar wat ek haar geken het, was elke einde van die kwartaal: ‘… julle gaan huil as julle my sien….’

Syt elke vakansie gedreig ons gaan haar nie eers herken as sy terugkom van die see af nie….

En toe, toe ek haar Sondag vir oulaas sien, (vir die eerste keer by haar einste seehuis), toe huil ek die eerste keer…

Die huldeblyke het ingestroom, van oraloor, sover as Taiwan. Syt ‘n indruk gemaak op jonk en oud… Selfs Zoë-Lynn, my dogterjie, sê vir my Januarie maand sy mis tannie Ziets.

Sy was so gewoond dat ons weekliks gestap of fietsgery het na Carien…. Maar die laaste paar maande was sy in Stilbaai… en ‘n klein dogterjie mis haar.

Dan praat ek nie van die oud-skoliere en kollegas …. Ek kon dit opmerk in die hoeveelheid oudskoliere wie sou kom inloer by die kombuis tydens Karoofees en spesifiek vir HAAR soek… soos Renate Lambrechts dit stel, one eie ‘Masterchef’.

Mnr Ferreira, wat jare lank saam met haar gewerk het, meld in sy huldeblyk, haar kalm rustige manier van omgaan met die leerders.

Ook sal haar Dankie-Sê funksies en Matriekafskeide nimmer vergeet word. Haar kos was altyd van hoogstaande gehalte.

Talle meld in hul huldeblyke hoe wyd en onbeperk, was haar kennis van voedsel.

Vriendinne en kollegas, het elk iewers ‘n kosles in kookkuns by haar geleer, want Carien Zietsman was op hoogte van die koswêreld en sy modes.

Judy Conradie, ook ‘n oud-kollega, beskryf haar as ‘n sagte, statige en sensitiewe mens.

Syt haar die 1e keer gesien by ‘n VLV middag by die gemeente, waar haar éclair demonstrasie volgens haar nie wou deug. Die eclairs wou nie rys.

Syt gesê., dit was OF die kritiese oog van die VLV dames of die oonde van die kerk…

Dis wat vir my so opvallend was van Carien; syt selde haar waarde gereken.

Na ‘n hoogs suksevolle Dankie-sê funksie of Vyf-gang maaltyd sou sy altyd erg krities na haarself en haar aanbieding kyk.

Nooit gevoel sy was genoeg…. Nooit besef vir hoeveel was sy meeeeer as genoeg!!

Een van haar vriendinne, van 38jr Renate Lambrechts, beskryf haar as iemand met integriteit en vir wie die woord ‘Nee’ nie bestaan het nie.

Verder, het sy ‘n fyn humorsin gehad, en was ‘n skouer op wie sy altyd, selfs tydens haar siekbed nog, kon leun.





Die Duminy gesin, Pieter en Alida, ken haar Van De Aar en Stilbaai en noem haar ‘deel vd familie’.

Hul beny haar nederigheid, opregtheid en minsaamheid.

Karien van Zyl, oud-kollega tans woonagtig in Taiwan, onthou nou nog, soos elkself, hoe sy die nuwelinge laat tuis voel het.

Sy meld, Carien se manier van ‘n storie vertel. Of ‘n grap…. Sy’t so unieke manier gehad van sedige praat….

Ook Carien se skoonsuster, Lenore onthou die manier waarop Ziets lewe in ‘n storie kon blaas.

Willemien Taljaard, verwys ook soos Lida Nel na haar geel Datsun Pulsar se spoed. Letterlik hoe hul gejaag het vir ‘n dag se inkopies in Bloemfontein of ‘n naweek kuier in die Kaap.

Wilmien sê sy was seker daai engjin gaan enige oomblik uitspring, maar Ziets kon ry!! Ziets kon kook.

Ziets kon ook de Ziets in raak… ‘n uitdrukking wat opsom as iemand boosaardig kwaad is.

En Ziets kon kophou…. Syt soms ongeorganiseerd voorgekom, maar syt presies geweet wat en waar en hoe.

Wilmien meld dat self met haar kinders se geboortes, kon Carien kophou en handbysit, waar sy en haar man lankal kop verloor het.

Ekself (Nica Sadie), onthou een spesifieke dag wat ek vir Carien raad gevra het, hierdie ysige groot dilemma, en Ziets kon net daar in die smal personeelkamer kombuisie wyl die ketel kook (altyd koppie koffie in die hand) vir my in twee sinne antwoorde en vrede in my hart, gee.

Carien het uitgekyk vir haar naaste. Sy sou haarself tekort doen om ander te help. Talle is dit eens.

Desembermaand gaan besoek ek haar in die hospitaal ‘n week lank.

‘n De Aariet, sien my in die gange; sy sit al ‘n maand daar gestrand met haar man in die hospitaal, maar toe sy verneem van Carien in die vrouesaal, het sy besluit om gou by haar skooljuffrou Zietsman te gaan inloer… en so gaan sy toe twee weke lank daagliks na Ziets….

Eenvoudig vir die rede dat Carien so humoristies en gesellig is, om by te sit. (…eerder as haar man wie so moeilik was tydens sy siekbed)

Wat ook opvallend is, is haar uitkyk op probleme. Talle meld dat sy ‘n simplistiese realistiese uitkyk op dinge gehad het.

Judy Conradie noem dat sy telkens oor ‘n glasie rooi wyn en tjoppie die probleme van die skool, op so ‘n kalm, rustige manier in oënskou sou neem, met logiese oplossings vorendag sou kom, en dan telkens met nuwelinge onder kritiese oë, sou meld, ons is te hard op hul.

En so stroom dit in uit elke huldeblyk, … SY laat ‘n leemte!

‘n Goeie vriendin, Annerette Fourie, het baie myle flink saam met haar gestap. Vir haar was Carien ‘n ‘Bomb shell’.

Waar sy veilig gevoel het. Hul kon saam hul siele skoonstap. Sy was enig in haar soort!

Mnr Awie Horn, was saam met Me Zietsman verbonde aan die skool vanaf 1984, meld dat sy die leerders met die wêreldse respek hanteer het en deurgaan in ‘n verskeidenheid van vakke werk van hoë gehalte gelewer het.

Hierdie was ‘n sterk vrou; ons het van talle goed nie eens geweet. Sy het een middag met groot oë by my ingestorm….

Ek het net geweet…. Maar ek dink die helfte het ons nie geweet…. Die lewe het met haar gebeur; Syt moedig baklei tot die einde.

Haar niggie Bettie, meld sys dankbaar haar heldestryd is nou verby…

Like Shakespeare said: ‘Good night Princess. May flights of angels sing you to your rest.’

HSDA, waar ons arende is, het sy vir haar aantal jare diens, vlerke gekry en ja…. Dit is presies wat sy gedoen het… Syt haar vlerke gesprei.

Sy vlieg… sy sweef nou hoog. En van haar gunstelinge was Bles Bridges se, ‘You are the eagle I’m the wind’.

Vlieg hoog Carien Zietsman.



LAASTE GROET AAN CARIEN ZIETSMAN namens haar VERBRUIKERSTUDIE-FAMILIE

Dankie dat ek my boodskap en herinneringe van ‘n wonderlike mens kan deel.

Ziets was deel van ons Verbruikerstudie familie en het nie net vingerafdrukke nagelaat waar sy gaan nie maar ook hartsafdrukke.

Die VINGERAFDRUKKE wat sy gelos het was hardwerkendheid, kreatiwiteit, bereidwilligheid en humor

• Niks was ooit teveel moeite nie en sy het altyd die ekstra myl geloop vir die vak

• Ziets het nooit net met ‘n probleem gekom nie MAAR het ALTYD reeds ‘n kreatiewe oplossing gehad vir die probleem

• Ziets het die vermoë gehad om ‘n vertrek op te helder net deur DAAR te wees. Ons mis haar veral by die matriekeksamen merksessies waar haar droë sin vir humor ons gewoonlik laat krul het van die lag en DIE BESTE WAS dat sy dan nie eens geweet het sy is snaaks nie

Die HARTSAFDRUKKE wat sy op ons Verbruikerstudie familie en ek glo op almal van julle gelaat het was

• regverdigheid,

• liefde,

• deernis,

• begrip,

• barmhartigheid

• opregte belangstelling in ander se welstand





Daarom glo ek sy sou nie wou hê ons moet treur oor haar nie maar ek glo sy sou wou hê ons moet haar ONTHOU EN EER deur HAAR “LEGACY” van die hartsafdrukke wat sy op elkeen van ons gelos het, met ander te deel

• behandel almal dieselfde ONGEAG wie en wat hul is,

• vorm JOU EIE OPINIE oor ander en nie volgens hoor sê of dit wat jy by ander hoor nie.

• Gee vir iemand ‘n drukkie so in die verbygaan as jy sien hulle kry swaar, sodat jy ‘n afdruk van liefde laat wat hul las verlig

• Kyk met deernis na ander en laat Ziets in ons oë leef, deur sag na ander te kyk

• Toon begrip en moenie mense behandel volgens hul gisters nie, maar behandel hulle volgens die beloftes wat hul toekoms inhou want dit is wat ZIETS gedoen het

• Ziets het elke struikelblok gesien as ʼn geleentheid om sterker te groei, kom ons doen dit ook

• Kom ons stel opreg belang in almal met wie ons in aanraking kom, stel belang in hul welstand want dit is wat ZIETS sou doen

MENSE bestaan nie vir altyd nie, MAAR die HARTSAFDRUKKE WAT HUL AGTERLAAT kan nooit ophou bestaan nie.

Daarom wil ek Ziets groet met ‘n diepe dankbaarheid in my hart vir die afdrukke wat sy op my en almal wat agterbly gelos het. As die sterre so helder skitter weet ek ZIETS is die helderste een wat wuif en hallo sê, mag God ZIETS se siel met vrede laat rus hier waar ons haar nou vir oulaas groet

Ronel Henning Provinsiale Koördineerder Verbruikerstudie



CARIEN ZIETSMAN

Gebore: 09/05/1961

Oorlede: 03/04/2022