2021 Boeresport





HUIS STERRIE MARAIS HOU BOERESPORT

Op 10 Maart 2021 het Huis Sterrie Marais hul jaarlikse Boeresport vir JPS- en Laerskoolleerders gehou. Die opgewondenheid was baie groot en almal was in afwagting. Sorg is ook gedra dat daar binne Covid-19 protokol gebly is, al moes van die kompetisies afgestel of gewysig word. Vir die eerste keer was daar ook ʼn kompetisie vir die oorspronklikste draadkar en ʼn draadkar resies het ook plaasgevind. Die Hoërskool het ʼn Volleyball kompetisie gehad en soos die gebruik het die Personeel teen ʼn Hoërskool Volleyball-span gespeel. Baie geluk aan die personeel wat koning gekraai het. Almal het die middag terdeë geniet!

Na die Boeresport het die sottekonsert en Mnr. en Mej. Koshuis kompetisie plaasgevind. Almal is dit eens dat Huis Sterrie Marais elke leerder se tuiste is – weg van die huis!



DRAADKAR WENNERS:

1ste: Julian Theron, 2de: JC le Roux, 3de: Jeani Theron.



GRAAD 4-7 WENNERS:

Hannes Jooste, LJ Fourie, Darius Möller 2, Leon le Roux 2, CJ van der Merwe 1, Kahl Paul afwesig 1, Buhle Pieterson 3, Sima Ngeva 3.



GRAAD 1 EN 2 WENNERS:

Joubert Jooste 4, Markus Fourie 4, JC le Roux 3, Joshua van Zyl 3 , Karel van Zyl 1, Julian Theron 1, Julia Bergh 2 , Alet Marais 2.



GRAAD 3 WENNERS:

Dian Bergh 1, Jeani Theron 4, Isabel Delport, Ané van Zyl 4, Lienke du Plessis 1, John-Lucas Pringle 1, Michelle Starita 1, Quinni Malherbe 1.



MNR EN ME KOSHUIS 1-7:

Isabel Delport, Joshua van Zyl, Markus Fourie, Alet Marais, Jeani Theron, Darius Möller.



SAKRESIES



TOUTREK



DRAADKAR RESIES