2021 Koshuis Funksie





KOSHUISFUNKSIE – HUIS STERRIE MARAIS EN JAN PIENAAR

Op 23 Augustus 2021 het Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar ons jaarlikse Koshuisfunksie gehou, ons inwoners is weer lekker bederf!

Hierdie jaar se tema was “Night under the Stars”.

Die Graad 6-mammas het reeds van vroeg af Maandagoggend aan die werk gespring om die aand vir al ons inwoners spesiaal en onvergeetlik te maak.

Oral het sterre en liggies gehang en daar is moeite gedoen met 'n fotohoekie waar die aand verewig op kamera vasgevang is.

Daar is ook van ons twee matrieks, Philip du Toit en Angelique van der Walt, afskeid geneem en elkeen het 'n geskenkie ontvang.

Die prefekte het, na deeglike opleiding deur Mnr Evelyn Botha, gesorg vir lekker musiek.

Mnr Jan Möller en Mnr Loffie Paul het heerlike steaks gebraai en die Matrones en personeel het gesorg vir bykosse en Malvapoeding met roomys.

Ongelukkig het die koshuisleeders van JPS hierdie jaar se funksie misgeloop, maar die ander inwoners het heerlik gedans en gekuier, als onder streng Covid-19- maatreëls.

Graag bedank ons die Graad 6-ouers vir al hulle moeite, Mev. Charlotte Steenkamp vir die neem van die foto's en die personeel vir al die voorbereidings!

Baie sterkte aan ons Matrieks wat reeds met hulle rekordeksamen begin het! Ons hou vir julle styf duim vas.



Die studiesaal tydens die koshuisfunksie met hierdie jaar se tema “Night under the Stars”.



Die twee matrieks van die Koshuis, Philip du Toit en Angelique van der Walt



John-Thomas Pringle, Jaco van der Merwe, GD Botha en André Theron wat gesorg het vir lekker musiek



Laerskool Koshuisleerders geniet die Koshuisfunksie



Koshuis mammas - links Chanté Hinds Möller, Suné Paul Regs. Charlotte Steenkamp, Sonné van der Merwe, Susan Delport en Charneé le Roux



Tafels was keurig gedek volgens die tema “Night under the Stars”.



Mnr. J Koen Skoolhoof HSDA, Me. J. Koen Superintendent HSM