2021 Lentedag





Lentedag vieringe by HSM en HJP

Op 1 September, het Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar die voorreg gehad om Lentedag in styl te vier.

Ons koshuis familie is vreeslik bederf deur die Matrones en helpers.

Soos ouder gewoonte wou ons ‘n spesiale geleentheid vir die kinders gun, maar natuurlik is daar protokolle in plek oor ons huidige Covid maatreels, wat samesyn bietjie verander.

Nie te min, was daar geen teleurstellings nie!

Met lente geure in die lug, was almal opgewonde oor die nuwe seisoen wat voorlê, en die verrassings wat op hulle sou wag met hul terugkeer na hul tweede huis.

Mondwaterende geregte is noukeurig voorberei.

Dae lank is daar gesoek na die perfekte dekor en bederf produkte om jong en ouer harte warm te laat klop met die lente gevoel.

Almal was so opgewonde oor die heerlike geregte, asook die pragtige nageregte wat met moeite versier is.

Baie dankie aan al die personeel vir die voorbereiding van alle kosse.

Ons waardeer alle opofferinge en moeite wat julle as personeel vir ons leerders doen! Soet en sout – het hulle hulself weer oortref.

Dit was voorwaar uit die boonste rakke en almal het dit terdeë geniet.

Geen gebaar, groot of klein, gaan ongesiens verby nie.

Dit is verewig in hul lewens vasgelê oor hoe hulle bederf is in die afwesigheid van hul ouers.