2021 Stigtersdag





Stigtersdag vieringe

Een keer ‘n jaar het Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar die voorreg om Stigtersdag te vier.

Soos ouder gewoonte wou ons ‘n spesiale geleentheid vir die kinders gun, maar natuurlik is daar protokolle in plek oor ons huidige Covid maatreels, wat feesvieringe bietjie verander.

Op 11 Augustus is ons koshuis familie vreeslik bederf deur die prefekte.

JPS en LDA leerders moes ‘n kompetisie hou om kolwyntjies te versier.

Die prefekte het self gebak en gebrou, sodat die jonger leerders genoeg kolwyntjies kon kry om hul kreatiwiteit en versierings-kunste te kon bewys.

Daar was behoorlik geswoeg en gesweet om die mooiste en beste kolwyntjies te versier. Die kompetisie was taai!

Daar was 3 kategorie wat beoordeel moes word.

Een van ons groot staatmakers, en ‘n vorige matrone, Tannie Tersia Diedericks het beoordeling behartig.

Wenners was as volg:

Graad 1: 1e plek Alet, 2e plek Julia en 3e plek Izak

Graad 2 -3: 1e plek Lienke, 2e plek John-Lucas en 3e plek Michelle

Gr 4 – 7: 1e plek Bushle, 2e plek Roelf en 4e plek CJ

Na die kompetisie het die Hoerskool leerders verdaag, en braaivleisvure aangesteek.

Die braai het gesorg vir samesyn, en was ook ‘n geleentheid om moed te skep, en te ontspan, en energie op te bou vir die laaste paar uitdagende maande wat voorle.

Hulle het hul eie braaiwerk behartig, soos net ons koshuiskinders kan!

Baie dankie aan al die personeel vir die voorbereiding van alle bykosse en bystand.

Spesiale dank aan Tannie Tersia en die Prefekte vir die beoordeling en groot pret.

Ons koshuis kinders is voorwaar geseend met ‘n veilige familie-band, en met ware rigtingwysers.

Sonder julle sal ons nie dit kan doen nie.

Ons waardeer alle opofferinge wat julle as personeel en prefekte vir ons leerders doen!









CUPCAKE VERSIER WENNERS!



GRAAD 1-2 WENNERS:

Voor: Julia Bergh 2de, Isak van Zyl 3de, Alet Marais 1ste

Angelique van der Walt (Hoofmeisie HSM), Tannie Tertia Diedericks (voorheen Matrone HSM/ beoordelaar), André Theron (Hoofseun HSM)



GRAAD 3-4 WENNERS:

Michelle Starita 3de, Angelique van der Walt (Hoofmeisie HSM), Lienke du Plessis 1ste, Tannie Tertia Diedericks (voorheen Matrone HSM/ beoordelaar), John-Lucas Pringle 2de, André Theron (Hoofseun HSM)



GRAAD 5-7 WENNERS:

CJ van der Merwe 3de, Angelique van der Walt (Hoofmeisie HSM), Roelof du Plessis 2de, Tannie Tertia Diedericks (voorheen Matrone HSM – beoordelaar), Buhle Pieterson 1ste, André Theron (Hoofseun HSM)