2022 Rally



Huis Sterrie Marais het weer hierdie jaar met groot sukses ons Rally aangebied in die Rhenosterberg omgewing.

Reeds van vroeg Saterdag, 3 September, het die drawwers, fietse, motorfietse en bakkies opgedaag om aan die heerlike kuier geleentheid deel te neem.

Daar was pragtige en uitdagende roetes beplan vir elkeen en daar is met groot opwinding weggespring.

Drawwers en fietsryers kon die pragtige natuurskoon van nader beleef, en die motorfietsryers het heerlike gespeel in die slote.

Die roete het ‘n hoogtepunt bo-op Rhenosterberg bereik waar almal die pragtige uitsig kon bewonder.

Selfs die drawwers en fietsryers is opgeneem na die berg deur Mnr Nico Marais, sodat hulle nie uitmis nie. Met die terugkeer na die beginpunt op Rhenosterhoek, kon almal smul aan heerlike hotdogs en yskoue laffenisse!

Daar is heerlik saam met die koshuisfamilie en vriende onder die koeltebome gekuier.

Graag wil Huis Sterrie Marais dan ook ons borge en helpers bedank:

Albies Wireless, Premier Slaghuis, Franci van der Westhuizen, Josef Fourie, Afrivet, Toyota, Knoffelfontein bdy, Braaishop, OVK, Build It, Madeira, Venotec, Care4U Ambulansdienste, Roostas, Karogen, Eddies Electrical, Karoo Druppel (Wee Cee) en Hoërskool De Aar.

Ons wil dan ook vir Charl en Mynderd Marais bedank vir die gebruik van hulle plaas en al die moeites wat hulle gedoen het om die dag vir almal moontlik te maak.

Dankie ook aan elkeen wat kom deelneem het en die dag ondersteun het.





Zac van Zyl speel in die slote