2024 SACOPA
Hoërskool De Aar-leerders blink uit by SACOPA 2024 Leerders van Hoërskool De Aar het met trots aan die South African Championship of Performing Arts (SACOPA) deelgeneem, wat van 21 tot 28 September 2024 in Rustenburg plaasgevind het.
Die kompetisie het talentvolle jong kunstenaars van regoor die land saamgebring, en Hoërskool De Aar se deelnemers het uitstekend presteer.
Altesaam 22 leerders van die skool het aan die kompetisie deelgeneem en 'n indrukwekkende medalje-oestog ingepalm. Hul uitsonderlike prestasies het die skool en die gemeenskap baie trots gemaak. Die uitblinkers sluit in:
• Johandré Ungerer, wat drie silwer medaljes vir sy uitstaande kitaarspel ontvang het.
• Zizi Mvenya, wat met een silwer en een brons medalje vir sy sangtalent weggestap het.
• Johandré Barkhuizen, wat 'n silwer medalje vir haar solo-dans gewen het.
• Karia Erasmus, wat 'n indrukwekkende een goud, een silwer, en een brons vir solo-dans ontvang het.
Karia het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig as deel van die SA-span.
Die dansgroep, El Digno, wat uit 18 leerders bestaan, het ook besonder goed gevaar en drie silwer en een goue medalje ingepalm.
Hulle het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig.
Me. Elzaan Fourie was die dansinstruktrise en het die dansers voorberei, terwyl me. Wilmien Ungerer verantwoordelik was vir die voorbereiding en afronding van die sangers en instrumentele kunstenaars.
Hoërskool De Aar het weer eens bewys dat hul leerders nie net op akademiese vlak uitblink nie, maar ook op die gebied van uitvoerende kunste.
Ons wens al die leerders sterkte toe met hul voorbereidings vir die internasionale kompetisie in Los Angeles!

Die dansgroep, El Digno, wat uit 18 leerders bestaan, het ook besonder goed gevaar en drie silwer en een goue medalje ingepalm.
Hulle het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig.

Johandré Barkhuizen, wat 'n silwer medalje vir haar solo-dans gewen het.

Johandré Ungerer wat drie silwer medaljes vir sy uitstaande kitaarspel ontvang het.

Karia Erasmus

Karia Erasmus, Elzaan (Me. Elzaan Fourie) was die dansinstruktrise en Johandré Barkhuizen Karia wat 'n indrukwekkende een goud, een silwer, en een brons vir solo-dans ontvang het.

Karia het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig as deel van die SA-span.

Pompoms

Zizi Mvenya wat met een silwer en een brons medalje vir sy sangtalent weggestap het.