2026 CSV

HSDA HOU ‘n WORSHIPAAND
HSDA se CSV het die jaar met ‘n sangaand waarby Dewald Gouws opgetree het, afgeskop.
Wat ‘n vrolike en inspirerende manier om die jaar toe te wy aan ons Hemelse Vader en saam te sing?!
Die wie daar was het dit geniet en is betekenisvol geraak. Harte is geroer en bemoedig. Dewald het van sy eie liedere gesing, getuienis gedeel en ook alombekende treffers gesing, wat almal kon saamsing. Op versoek van die gehoor het ons die aand met, ‘n HSDA-gunsteling: Waymaker, afgesluit!
Ons is dankbaar vir anonieme CSV-donateurs, wat sulke geleenthede moontlik maak. Die CSV het ‘n aktiewe rol in HSDA. Ons voed liggaam, siel en gees en is dankbaar vir die voorreg om die tieners op vele maniere te kan ondersteun. Ons versprei onder andere koshappies, skoolklere, skryfbehoeftes en toiletware, waar nodig. Ons is dankbaar om ruim harte en hande te hê wie ons ondersteun skyfies tot appels, van skoolklere skenkings tot skryfbehoefte pakkies en toebroodjies.
Opregte dank aan u elk.
