Wensdenkery
Wensdenkery op ATKV-planke
Op 14 Augustus 2025 het Hoërskool De Aar deelgeneem aan die ATKV-Tienertoneel by die Wynand Mouton-teater (UFS) in Bloemfontein.
Die leerders het baie waardevolle ervaring opgedoen en die terugvoer van die beoordelaars, Wilhelm van der Walt (Ty in 7de Laan) en Lindsay Abrahams (Binnelanders), was baie positief en konstruktief.
Die afgelope jaar het die leerders baie hard gewerk, en die vertoning by die ATKV was ’n groot bewys daarvan.
Ons sien uit na die volgende twee kompetisies: die FAK Allegretto Toneelfees op 18 Augustus 2025 en die ATKV-Karoo Skole-toneelkompetisie op Saterdag 23 Augustus 2025.
Wensdenkery-rolverdeling:
Marlin Bailey
Nicole Afrika
Amor Makkelie
Rico van Heerden
Helen Kahugu
Amy-Lee Kakora
Lumieke Fourie
Marco de Carvalho
Llené Festus
Tiffany Sors
Gabriella Buys
Tegniese span:
Verhoogbestuurder: Nicole Afrika
Klank en beligting: Dawid Botha (klank) & Jaques Oosthuizen (ligte)
Stel- en verhoogassistente: Jeandré Visser & Mcfidel Swanepoel

Op 8 Augustus 2025 het Hoërskool De Aar se ATKV-tienertoneelgroep die produksie Wensdenkery opgevoer.
Die produksie het ‘n hele jaar lank geneem om op die planke te bring en bloed sweet en trane het alles moontlik gemaak.
Ons sê dankie aan elke leerder wat betrokke was om dit ’n realiteit te maak, aan almal wat gehelp het en laastens aan elke leerder en ondersteuner wat die Boet Troskie-saal volgepak het.
Sonder al hierdie belanghebbendes sou niks kon plaasvind of ’n sukses wees nie.
Ons sien uit na die komende toer op die volgende datums:
ATKV Tienertoneel – Bloemfontein: 14 Augustus
FAK Allegretto Toneelfees – Bloemfontein: 18 Augustus
Karoo Toneelfees – Victoria-Wes: 23 Augustus