2025 Eisteddfod
HSDA blink uit by Karoo Eisteddfod
Die Karoo Eisteddfod vind jaarliks plaas en bied ’n gulde geleentheid vir die ontwikkeling van leerders in die kuns en kultuur.
Hierdie jaar het HSDA rekordgetalle inskrywings gehad vir die Eisteddfod — vyf-en-neëntig leerders met ongeveer 177 items het deelgeneem om hul talente aan die gemeenskap ten toon te stel.
Daar was ’n verskeidenheid kunsvorme, van tekeninge tot prosa, sang en dans.
Ons spog met die volgende uitslae:
2 Brons
40 Silwer
44 Goud
42 Dubbelgoud
21 Trippelgoud
Baie geluk aan elke leerder wat met trots hul talent, harde werk en passie vir die kunste gewys het!





