2025 ATKV-Redenaarskompetisie Upington



Drie van Hoërskool De Aar se redenaars onder Top-10 in Noord-Kaap!

Drie van HSDA se redenaars is in hulle onderskeie kategorieë onder die Top-10 in die Noord-Kaap! Die leerders, wat deelgeneem het aan die semi-finale rondte van die ATKV se redenaarskompetisie in Upington, het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en ons skool se naam hoog gehou.

In die kategorie, Graad 8 en 9, Afrikaans Huistaal (voorbereid), het Shanen Koen ‘n 4de plek behaal. In die kategorie, Graad 10 tot 12, Afrikaans Huistaal (voorbereid), het Marco de Carvalho ‘n 5de plek en Adriano de Carvalho ‘n 7de plek behaal.

HSDA is voorwaar trots op hierdie uitmuntende redenaars!