2025 Skaak

Hoërskool De Aar se jong skaakspelers het uitstekend presteer by die onlangse Hopetown Skaaktoernooi.
In die o.15-afdeling het Caelyn Ngudle 'n bronsmedalje verower met haar strategiese spel.
In die o.17 en o.19-afdeling was die kompetisie straf, maar Hoërskool De Aar se talente het nie teleurgestel nie! Kelly Oliphant het 'n bronsmedalje ingepalm, terwyl
Patrick Kitengye 'n silwermedalje 🥈 behaal het. Die kroon op die toernooi was 🥇Mbuyiselo Jnr. Madyo, wat die goue medalje in sy afdeling met uitmuntende vaardigheid verower het.♟
Die skaakspan van Hoërskool De Aar het hierdie naweek, 17 Mei 2025, aan 'n kompetisie in Hopetown deelgeneem en merkwaardige prestasies behaal.
In die o.15-afdeling het Ryan Boucher 'n bronsmedalje gewen, Cherise April het 'n silwermedalje ingepalm en Caelyn Ngudle het die afdeling gewen met 'n gouemedalje.
In die o.17-afdeling het Patrick Kitengye 'n bronsmedalje verwerf, Alrique May het silwer verower, en Mbuyiselo Jnr. Madyo het sy uitmuntende vaardighede ten toon gestel deur die goue medalje huis toe te bring.
Die skool is trots op hierdie talentvolle leerders en hul toewyding aan die spel.

Agter: Patrick Kitengye, Cherise April, Alrique May, Mnr.J Hattingh, Garryn Hendricks, Kelly Oliphant, Mbuyiselo Jnr. Madyo, Ryan Boucher
Voor: Caelyn Ngudle, Swazi April