2025 Skaak

Hoërskool De Aar se skaakspelers het hul merk gemaak by die onlangse toernooi by Laerskool De Aar, met indrukwekkende prestasies in die o.18- en o.16-kategorieë.
In die o.18-afdeling het Zizi Mvenya die goue medalje verower, terwyl Garryn Hendricks die silwer medalje en Babalo Mooi die brons medalje huis toe gebring het.
In die o.16-kategorie het Cherise April ook puik presteer en die brons medalje gewen.
Hierdie jong talent hou Hoërskool De Aar se naam hoog.
