2025 Skaak





HSDA-leerders blink uit by Northern Cape Closed

Die Northern Cape Closed skaaktoernooi vir leerders is van 22 tot 23 Augustus 2025 in Upington aangebied, met ’n naweek vol strategiese gevegte op die skaakbord.

Hierdie jaarlikse geleentheid bring jong skaakspelers uit verskeie ouderdomsgroepe en streke bymekaar om hul vaardighede oor vyf rondtes te toets.

In die o.16-meisiesafdeling het Swazi April die veld aangevoer met drie oorwinnings, gevolg deur Cherise April met 2½ oorwinnings en Caelyn Ngudle met twee oorwinnings.

Al drie het ’n plek in die top 10 van hul groep verseker.

Die o.16-oopafdeling het vir Kyle Oberholzer as ’n sterk deelnemer opgelewer, met twee oorwinnings uit vyf rondtes.

In die o.18-oopafdeling het Mbuyiselo Jnr. Madyo en Patrick Kitengye uitgeblink met vier oorwinnings elk, terwyl Garryn Hendricks 2½ en Alrique May twee oorwinnings behaal het.

Mbuyiselo en Patrick het met hul prestasies ’n stewige plek in die top 10 verseker.

Die o.20-oopafdeling was ewe mededingend, met Kelly Oliphant wat 1½ oorwinnings aangeteken het en Babalo Mooi en Thamsanqa Madyo wat elk twee oorwinnings behaal het.

Hierdie drie het ook hul plekke in die top 10 van hul kategorie ingeneem.



VLNR: Caelyn Ngudle, Cherise April, Swazi April

Afwesig: Kyle Oberhozer



VLNR: Mbuyiselo Jnr. Madyo en Patrick Kitengye, Alrique May, Garryn Hendricks



VLNR: Thami Madyo, Kelly Oliphant, Babalo Mooi