2025 Spartan Bishop-toernooi
Skaak
Die skaakspan van Hoërskool De Aar het hul gemeenskap trots gemaak met ‘n buitengewone vertoning by die "Spartan Bishop Inter-Regional"-Skaaktoernooi, wat van 23 tot 25 Mei 2025 in Kimberley plaasgevind het.
Die jong talent, Kyle Oberholzer, het brons verower in die o.16-“Elite”-kategorie, terwyl Cherise April, Caelyn Ngudle en Swazi April elk ‘n bronsmedalje in die “Shield Maiden”-kategorie behaal het.
Die suksesreeks is voortgesit deur Thami Madyo, wat ‘n silwermedalje in die o.20- “Warrior”-kategorie verdien het.
Die afrigter van Hoërskool De Aar, Mnr. Johnny Hattingh, het ook bewys dat ervaring en strategie hand aan hand gaan, deur silwer in die “Parents Elite”-kategorie te wen.
Met hierdie indrukwekkende prestasies het die span nie net hul skool en die Pixley ka Seme-streek se naam hoog gehou nie, maar ook gewys dat skaak ‘n sport van dissipline, deursettingsvermoë en skerp denke is.
Die “Spartan Bishop”-toernooi het top-spelers van verskeie streke byeengebring en was ‘n intense toets van strategie en vaardigheid.
Hoërskool De Aar se span het gewys dat hulle nie net mededingend is nie, maar ook ‘n mag is waarmee, op die skaakbord, gereken moet word.

Kyle Oberholzer, Cherise April, Thami Madyo, Swazi April en Caelyn Ngudle, Mnr. Johan Hattingh