2021 ATKV dramawerkswinkel





DRAMAWERKSWINKEL

Maandag 30 Augustus het Hoërskool De Aar in samewerking met die ATKV ʼn dramawerkswinkel in die Boet Troskiesaal onder streng Covid-19 regulasie aangebied.

Reckless Haven van Gauteng het die leerders verskeie aspekte en tegnieke van radio, verhoog en TV/Film geleer.

Dit was ʼn vier uur lange praktiese werkswinkel en ons leerders het hulself goed van hul taak gekwyt.

Die aanbieders was baie beïndruk met ons talent en het gesê dat dit die eerste skool is waar almal so goed aan die aktiwiteite deelgeneem het.

The two presenters was:

Rowlen von Gericke: Producer, Voice Artist, Actor (Swartwater, Noise, Pandjieswinkelstories, Maya the Bee) and

Danielle Retief: Producer, Writer, Dancer and Actress (7de Laan, High Rollers, Binnelanders, Netflix ‘Dead Places’, Geraamtes in die Kas)

Opvolg werkswinkels is ʼn moontlikheid in die toekoms en ons leerders sien baie uit daarna.