2021 Prosa Aand/Evening





HSDA Prosa aand: STORIES ONDER DIE STERRE

Op 31 Maart 2021, het HSDA hul jaarlikse prosa-aand aangebied.

Die tema vir die aand was “stories onder die sterre” en die plan was dat gaste dus hul eie kombers en piekniekmandjie moes saambring, om die buitelug vertoning te kan geniet.

Weens die reën moes ons egter noodgedwonge ons planne aanpas en met die hulp van ʼn baie bekwame tegniese span, het ons die saalverhoog omskep in ʼn sterrehemel!

Alhoewel ons planne op kort kennisgewing aangepas moes word, was die opkoms steeds goed en het die aand goed afgeloop.

Ons hoop vir ʼn kans om dit in die toekoms weer te kan doen!









Prosa verhoog.







Leerders wat deelgeneem het aan die Prosa aand en Prosa stukke voorgelees het.