2021 ATKV-Redenaarskompetisie





HSDA GROOTPRATERS

Die kat is uit die mou! Die ATKV-Redenaarskompetisie se uitslae is bekend!

Weens die Covid-19 pandemie het die ATKV vanjaar se prysuitdeling na jou selfoonskerm gebring. ATKV-Redenaars 2021 se Nasionale prysuitdeling het vanaf 9 tot 13 Augustus plaasgevind. Leandro de Carvalho behaal ‘n uitmuntende tweede plek onder die Top tien per streek (Graad 8 en 9 Huistaal kategorie)

Uit 990 deelnemers, in die Graad 10 tot 12 Huistaal katgorie behaal Anja Kleynhans ʼn sesde plek en Courtney van Syfer eindig vierde in die Noord-Kaap.

HSDA wil hierdie sprekers hartlik gelukwens met hierdie besonderse prestasies.

Mag hulle in 2022 se kompetisie weereens die tonge laat klap!