2021 Redenaarskompetisie





HSDA SENIOR – REDENAARS BLINK UIT!

Ons wil vir Anja Kleynhans en Courtney van Syfer hartlik gelukwens met die puik uitslae van 2021 se ATKV-Redenaarskompetisie.

Die ATKV-Redenaars se Nasionale Prysuitdeling het vanaf 9-13 Augustus plaasgevind, waar HSDA se naam hoog gehou is. Uit die 990 Senior deelnemers in die Graad 10-12 AFR HT kategorie, het Anja ‘n sesde plek in die Noord-Kaap met haar tema “Erodeer” ontvang en Courtney van Syfer ‘n vierde plek met haar tema “Murg”.

Anja het ‘n toespraak gelewer oor die kwessie dat ons land se regering en sy landsburgers toelaat dat geweld teenoor vroue en kinders erodeer. Courtney se toespraak handel oor “geen besluit oor my, sonder my.”

Botter smelt beslis nie in hierdie leerders se monde nie, en die beoordelaars was heel duidelik beïndruk met hierdie sprekers se toesprake.

HSDA is trots op beide ons Junior- en Senior sprekers.

Mag sukses hul vergesel op die pad vorentoe.