2022 ATKV-Redenaarskompetisie





ATKV REDENAARS

Ses van Hoërskool De Aar se leerlinge het Vrydag, 22 April, aan die jaarlikse ATKV Redenaarskompetisie te Upington deelgeneem.

Die sprekers het hulle baie goed van hul taak gekwyt en vol selfvertroue die skool se naam hoog gehou.

Ilan Kleynhans het aan die Graad 8-9 voorbereide kategorie deelgeneem.

Antoné Menne, Leandro de Carvalho, Anja Kleynhans, Courtney van Syfer en McKaylin Viljoen het aan die Graad 10-12 voorbereide kategorie deelgeneem.



vlnr: Antoné Menne, Leandro de Carvalho, Anja Kleynhans, McKaylin Viljoen, Courtney van Syfer en Ilan Kleynhans.





ATKV REDENAARS UITSLAE

Die volgende leerders, wat op 22 April aan die ATKV-Redenaarskompetisie se eerste uitdunrondte deelgeneem het, dring deur na die halfeindronde.

Anja Kleynhans met haar onderwerp: Die opvatting wat die samelewing oor generasie – z het laat alle grense te buite.

Leandro de Carvalho met sy onderwerp: Ingepropte tieners toets die grense van ouerskap.

Baie geluk Arende!

Ons wens hierdie leerders sterkte toe vir die volgende ronde wat op 28 Mei 2022 sal plaasvind.



vlnr: Leandro de Carvalho, Anja Kleynhans

DIE TONGE HET BEHOORLIK GEKLAP

Anja Kleynhans en Leandro de Carvalho het op Saterdag, 28 Mei, aan die ATKV – Redenaarskompetisie se semi-finale rondte te Upington deelgeneem.

Hierdie leerders het hulle baie goed van hul taak gekwyt en nie net HSDA se naam hoog gehou nie, maar ook die Noord-Kaap s’n.

In die graad tien tot twaalf voorbereide afdeling eindig Leandro tweede en Anja derde in die Noord-Kaap.

Baie geluk aan die Topsprekers! Dit is ’n eer om dee van die topvyfsprekers in die provinsie te wees!