2022 Chess



HSDA SKAAK TERUGVOERING

Die afgelope naweek het die A en B skaakspanne aan ʼn toernooi in Bloemfontein deelgeneem.

Dit was ʼn uiters uitdagende toernooi, waarna die A- span 15de plek uit die 18 spanne behaal het.

Die B- span het 10de plek behaal. Baie geluk aan almal.

Dankie aan al hierdie talentvolle leerders wat deelgeneem het, sowel as Mnr. C. Meyer wat die leerders vergesel het.