2024 Skaak





Pixley-skaaktoernooi

Hoërskool De Aar se skaakspan het die afgelope naweek aan die Pixley-skaaktoernooI by Hoërskool Douglas op Douglas deelgeneem.

Verskeie skole het aan hierdie toernooi deelgeneem, wat Hoërskool De Aar, Hoërskool Douglas, Hoërskool Noord-Kaap, CBD Kimberley en Hoër Tegniese Skool Kimberley insluit.

Alhoewel die kompetisie straf was stap Hoërskool De Aar tog met drie medaljes weg:

O.19: Tweede plek: Thami Madyo

O.17: Eerste plek: Patrick Kitengye, Derde plek: Garryn Hendricks



VLNR

Eerste plek: Patrick Kitengye,

Derde plek: Garryn Hendricks;

Tweede plek: Thami Madyo