2025 ATKV Arende-Jeugtak





ATKV JEUGTAK ARENDE

Op 8 April 2025 het Hoërskool De Aar die ATKV Arende-Jeugtak gestig. Die hoofdoel van die jeugtak is om die jeug te bemagtig om gemeenskapsprojekte te loods en fondsinsamelings te doen wat tot die voordeel van die gemeenskap en jeug is.

Daarvolgens poog die tak om die jeug te betrek by sake van hulle dorp, nood te identifiseer en aksie te neem en om hulself te verryk daardeur.

Met samewerking van die ATKV kan die Arende-Jeugtak ‘n buitegwone verskil maak in die dorp, asook die jeug van vandag.

Op die 10de April het die leerders die bestuur gekies en die volgende portefeuljes is toegeken aan die volgende leerders:

Voorsitter: Marco de Carvalho

Ondervoorsitter: Llené Festus

Sekretaresse: MacKayla Kriel

Media: Helen Kahugu

Tesourier: Christiaan Raath

Ons glo en vertrou dat die leerders hulself daarna sal streef om ‘n groot verskil in die omgewing te maak.

Baie sterkte met die jaar. Vlieg hoog, Arende.



Tesourier: Christiaan Raath

Ondervoorsitter: Llené Festus,

Sekretaresse: MacKayla Kriel,

Media: Helen Kahugu,

Voorsitter: Marco de Carvalho