2025 Big Brag





Groot pret en groot trots by die skool se "Big Brag" – 24 Julie 2025

Op Donderdag, 24 Julie, het ons skool behoorlik geskitter tydens die opwindende en energieke “Big Brag” – ’n geleentheid waar ons trots en gees gevier het.

Elke sportspan het die kans gekry om hulself voor te stel, hulle spogdrag te wys en die skare te wys waarvoor hulle staan. Die energie was aansteeklik!

Die Pom-poms se optrede het die gees regtig aangevuur.

Die kersie op die koek was egter die spesiale besoek van niemand anders nie as Boan Venter, oud-skolier en ’n Springbok-rugbyspeler en inspirasie vir baie van ons sportliefhebbers.

Sy teenwoordigheid het vir groot opgewondenheid gesorg en die eerste span is deur Boan “gecap”.

Baie leerders het ook die geleentheid gekry om hom te ontmoet en selfs foto's te neem – ’n herinnering wat vir altyd sal bly.

Die “Big Brag” was nie net ’n viering van sport nie, maar ook van skooltrots en gemeenskap.

Ons sien uit na die seisoen wat voorlê en weet dat ons spanne, ondersteuners en afrigters reg is om met geesdrif en trots op die veld te verskyn.





Chadley en Boan met sy HSDA kep



Boan Venter het die rugbyseuns "gecap" (Elkeen se pet persoonlik oorhandig)



Kapteine 0.19 A spanne - Amor Makellie nebal, Lolwethu Hila- rugby, Boan Venter, Farren Duthi hokkie - en Karia Erasmus hokkie/pompoms



Mnr. Koen en Boan Venter



Onderskeie span kapteine, Arend, Boan Venter, Novels Mej. HSDA en skoolhoof, Mnr. Koen



Personeel en Boan Venter (springbok HSDA) tydens die Groot brag