2025 Madiba Dag





MADIBADAG-VIERINGE

Elke jaar wys die Christelike Studente Vereniging (CSV) van Hoërskool De Aar dat hulle omgee, deur hul deel te doen vir diegene wat ‘n pad met kanker stap.

Vanjaar het ons, oudergewoonte, 67 minute gestap ten bate van CANSA - ‘n kleurvolle en betekenisvolle geleentheid!

Vrywilligers se hare is in die mooiste kleure gespuit, 🎀strikkies🎗️ is verkoop, en elke sent gaan aan CANSA.

Ons buurskool, Laerskool De Aar, het ook ingespring! Jonk en oud het opgedaag met kreatiewe hooftooisels.

Van fikse drawwers en jong fietsryers, tot honde-liefhebbers en selfs ‘n prinsessie met haar tutu!

Die snoepie het honger magies gevul, terwyl vrolike musiek die pas gehou het.

Die atmosfeer was lig, liefdevol en vol lag.

Die boodskap van die dag...

Woorde van Moeder Theresa:

"What is one thing that each of us can do to make a difference? SMILE!"

Laat ons nooit vergeet nie - daar is baie mense wat swaarkry. ‘n Bietjie vriendelikheid kan ‘n wêreld van verskil maak!

Kom ons glimlag meer