2025 Onderwêreld



Graad 12’s reis na “Onderwêreld”

Op Maandag, 19 Mei, het Hoërskool De Aar se graad 12-Afrikaans Huistaalklas baie vroeg die oggend die pad na Graaff-Reinet aangedurf vir die vertoning van Onderwêreld.

Die vertoning word jaarliks deur Andre Stolz aangebied en is basseer op hul voorgeskrewe roman: Onderwêreld deur Fanie Viljoen.

Die holistiese ontwikkeling van leerders is belangrik vir Hoërskool De Aar en die bywoning van hierdie vertoning bied leerders die geleentheid om hul voorgeskrewe teks op ‘n visuele sowel as konkrete wyse waar te neem.

Die uitstappe was nie net leersaam nie, maar natuurlik ook vol pret en plesier.

Leerders het nie net die vertoning geniet nie, maar het ook die geleentheid gehad om ‘n paar bekende akteurs te ontmoet.

Die graad 12’s het beslis tot nuwe insigte gekom en voel meer voorbereid vir die eksamens wat voorlê.