2025 Ouetehuise Bederf
HSDA KÿTO KAROOFEES OUETEHUIS BEDERF
As blykie van dankbaarheid teenoor die gemeenskap vir die sukses van die Kÿto Karoofees, gee ons jaarliks ietsie terug aan die gemeenskap, deur by die ouetehuise van die dorp ‘n vermaaklike oggend te hou. Die jaar was geen uitsondering.
Mnr. Koen het sy dank teenoor Kÿto & die gemeenskap uitgespreek en die ouergarde geloof vir hul rol hier in De Aar. Mnr. Botha het met skriflesing geopen en benadruk dat elkeen steeds waarde het en vrug dra, al voel dit nie so nie. Mnr. Smit het tussendeur as seremoniemeester met spitsvondige kwikslae die program laat vloei.
Zizi Mvenya, Henrico Fourie en Johandre Ungerer het solo items gelewer en die HSDA koor het ons betower met hul akapella sang. Juf. Koen het met ‘n wetenskaplike eksperiment ‘n geheime boodskap gehad en Juf. Burger het die seniors laat warm-word-oefeninge doen. Juf. Barnard het afgesluit met ‘n gedig , voorlesing en warm wol sokkies is aan almal as geskenkie uitgedeel. Tussenin versteek was ietsie vir die soettand.
Dit was ‘n gesellige oggend. En ons eer ons voorgangers.















