2025 SACOPA





HSDA Dans en Sing Goud Los by SACOPA

Van 4 tot 10 Oktober 2025 het sewe leerders van Hoërskool De Aar aan die SACOPA-uitdunne deelgeneem en uitmuntend presteer.

Vier van hulle het selfs Top 3-prestasies in hul kategorieë behaal — ’n merkwaardige prestasie! 🌟

Na bloedsweet en maande se harde werk het die resultate beslis vrugte afgewerp.



Sang:

Zizinwe Mvenya het vier goue en vier silwer medaljes losgesing en is genooi om in 2026 in Las Vegas deel te neem.

Junior Madyo het drie silwer en twee brons medaljes gewen vir sy sangitems.

Anri du Preez, met haar nagtegaalstem, het twee silwer medaljes ontvang.

Johandré Ungerer het met sy vaardige kitaarspel vier brons medaljes verower.

Dans en modelwerk:

Abijah Greyling het ’n silwer medalje ontvang.

Karia Erasmus het een goud, een silwer en een brons gewen en is ook genooi na Las Vegas 2026 vir haar voortreflike deelname.

Johandré Barkhuizen het twee silwer en een goue medalje vir haar dans- en modelitems ontvang en is eweneens genooi om in 2026 in Las Vegas deel te neem.

Ons is uiters trots op hierdie talentvolle leerders wat HSDA se naam met eer en trots hoog gehou het!



Leerders wat genooi is om in Los Vegas deel te neem.

VLNR: Johandré Barkhuizen, Zizinwe Mvenya, Karia Erasmus





Hierdie skitterende prestasies sou nie moontlik gewees het sonder die leerders se toewyding, hul afrigters se kundigheid, en die onwrikbare ondersteuning van hul ouers nie.

’n Spesiale woord van dank aan Wilmien Ungerer en Elzaan Fourie vir hul begeleiding en inspirasie.

Trots De Aar – mik hoër en hoër, tot in Las Vegas! 🇿🇦