2019 Madibadag





HSDA DONDERDAG, 18 JULIE 2019 – MADIBADAGVIERINGE 67 MIN WALK FOR CANCER

Op 18 Julie het die gemeenskap weer saamgekom by die sportgronde om die jaarlikse Madiba-dag stap vir kanker te doen. Jonk en oud, fiks en minder fiks, drawwers, stappers en selfs kinderfietsies het almal vir 67min beweeg.

Mandela het gesê: “ʼn Ware geskenk is om te gee van jou tyd en jou energie.”

Dit is presies wat deelnemers gedoen het.

Alle fondse word oorbetaal vir Kanker ondersteuning.

HSDA is opreg dankbaar vir almal se bydrae.