2022 Dorp Skoonmaak





NOVELS ME. HSDA PROJEK – ELIZCA BESTER

Op Saterdag, 13 Augustus het Elizca Bester (Mej Novels HSDA) tesame met die NG Kerk n baie suksesvolle dorp skoonmaak projek geloots.

Mnr Koen het die verwelkoming en Elizca die bedankings gedoen.

Riaan Sadie en Ds Marizaan het die dag geopen met skriflesing en gebed.

Meer as 70 mense het die koue weerstaan en gehelp met die projek.

Saterdag is gefokus op die skoonmaak van ons hoof strate van De Aar.

Sakke en bakkies vol vuilgoed is weggery na die asgate.

Na 2 ure se skoonmaak is almal bederf met n bottel koeldrank, water en worsbroodjies.

Baie dankie aan elkeen wat daar was en gehelp het om n verskil te maak aan ons dorp.

Spesiale dank aan ons borge van die dag, sonder julle sou ons nie almal so kon bederf het nie.