2022 Mnr. Jafta Booysen





JAFTA BOOYSEN – HSDA GROET ‘N LEGENDE

Dinsdag, 5 April het HSDA op ‘n gepaste wyse van Mnr. Jafta Booysen, tydens die saalbyeenkoms afskeid geneem.

Mnr. Booysen was formeel geklee in sy swart HSDA ere-baadjie en das en kon soos gewoonlik deur ‘n ring getrek word.

Mnr. Jafta Booysen was vanaf 1 Januarie 1985 jaar by Hoërskool De Aar werksaam later ook as algemene voorman. Die Skoolhoof beskryf Mnr. Booysen met die volgende waardes: Betroubaar, entoesiasties, pligsgetrou, betyds en eerlik. Sy werk was sy trots en HSDA is hartseer om Meneer Booysen na 37 jaar te groet.

Die Skoolhoof het ʼn geskenk aan Meneer Booysen oorhandig en hy is met ‘n handeklap deur leerders en die liedjie “Jy’s ‘n legend” na afloop van die saalbyeenkoms gegroet, waar hy trots en hartseer die saal verlaat het.

HSDA gun meneer Booysen die aftrede en gun hom die tyd om met sy familie te spandeer.

Ons beste wense vergesel hom.