2022 Feesnaweek / Festival Weekend





GROOT VERSKEIDENHEID GEDURENDE FEESNAWEEK!

Aangesien dit HSDA se vyftiende Karoofees is, pomp ons vanjaar nog groter! Ons spog met ʼn nuwe hoofborg en die fees staan nou as die Kÿto Karoofees bekend.

Daar is geen tekort aan vermaak nie! Die Kÿto Karoofees, bied beslis iets vir ALMAL om te geniet.

Dagboek 17-19 Maart 2022.

Hou hierdie datum oop en moet beslis nie die fees wat pomp mis nie!

Niemand kan die glansaand van die Novels Mej. Hoërskool De Aar mis nie en geen dame kan die Midas dames oggend mis nie.

Die reüniegroepe is tans ‘n miernes van bedrywighede, almal besig om mekaar op te spoor en ou bande te smee.

A.g.v. die afgelope Covid-situasie sal ons al die ondergenoemde Reüniegroepe akkommodeer.

Reünies: 10 JAAR-2012/2011, 20 JAAR-2002/2001, 25 JAAR – 1996/1997, 30 JAAR-1991/1992, 35 AAR-1986/1987,

40 JAAR – 1981/1982, 45 JAAR 1976/1977, 50 JAAR – 1971/1972, 1961/1962.

Die BKB Vagkompetisie vind in die Boet Troskie Saal plaas.

Vir die wedywerende kompetisie-geesdriftiges is daar oudergewoonte die Bester’s Ford Beesloop, Build-it Potjiekoskompetisie, Polana meubels groot pampoen kompetisie en Sterkmanvertoning.

Die groot verskeidenheid stalletjies bied iets vir ieder en elk: snoepgoed, koffie, spitbraai, boeke, houtmeubels, staalwerke, leerprodukte, klere, matte, juwele, veldskoene en vele meer.

By die Steakete en dans is plek beperk – so bespreek nou u tafel!

Hiérdie en nog vele meer vermaak beloof om die hele gesin bekostigbaar weg te voer na ‘n naweek van onvergeetlike feestelikheid.

Almal is dit eens dat dit weer tyd is vir ʼn ordentlike Karoofees!



Kontak Miné vir enige bydrae/navrae: Kantoorure: 053-6313691