2022 Leandro de Carvalho





Leandro de Carvalho het op 27 Maart 2022 in Kaapstad saam met ‘n groep jongmense video-opnames gemaak wat later in hierdie jaar op Kanaal 147 VIA, uitgesaai gaan word.

Die program gaan bestaan uit verskeie liedjies wat deur groepe in Kaapstad en Pretoria gesing en verfilm word.

Na ‘n oudisie is Leandro gekeur om saam met verskeie jongmense aan ‘n Sing Aanlyn kursus deel te neem.

Germandt Geldenhuys (tans te sien in Binnelanders) was sy mentor.

Hy het hierdie ervaring geweldig geniet want hy is die geleentheid gebied om sy liefde vir sang uit te leef tussen ander wat dieselfde liefde deel.