2022 Motiveringspreker





MOTIVERINGSPREKER BESOEK HOëRSKOOL DE AAR

Mark Kotzé, ʼn TV- en Radiopersoonlikheid, skrywer en komediant, het Hoërskool De Aar kom besoek. Tydens 28 en 29 Julie het hy met verskeie rolspelers en graadgroepe, sessies gehad.

Mark kom uit stormagtige kinderjare gevul met afknouery, selfmoordpogings en middel misbruik. Hy het ook tien jaar tronkstraf uitgedien, maar vandag is hy ʼn ander mens. Hy het sy potensiaal en unieke lewensdoel gevind en leef in oorwinning. Hy getuig dat dit nie sou moontlik wees, sonder sy ma se gebede en God se ingryping in sy lewe nie.

Die jongmense is uitgedaag om hulself te aanvaar én wie hul is. Wees getrou aan jouself. Wees kieskeurig met wie jy jou tyd spandeer. Wees die oplossing en nie deel van die probleem. Hy het uitgebrei oor hoekom groepie boelies saamspan en veral gefokus op hoe swak hul eintlik as individue, voel en juis daarom sterker en veiliger binne ʼn groep, funksioneer.

Mark het die lewe vergelyk met ʼn verhoog. Jy doen dag vir dag baie roetines oor en oor, tot jy dit bemeester. Dink, visualiseer en droom pro-aktief, vooraf reeds, hoe jy gaan optree en reageer. Droom oor jou toekoms en doen dan aktief elke dag iets om daarby uit te kom.

Leerders is uitgedaag om ʼn unieke, opvallende, en aanloklike handelsmerk te wees. Wees anders. Belê in jou produk-jou binneste. Jou woorde en verpakking, selfvertroue en geloof, moet jou as ʼn ware bemark. Wanneer mens lag vir ander of nie saamwerk in die klas of nie produktief bou aan jou toekoms, dan versuur jy jou handelsmerk en gaan jy mettertyd uitval uit die mark. Dan is daar nie ʼn blink toekoms, salaris en werksmoontlikhede vir jou, of kan jy selfs soos hy tronkstraf of dood in die gesig staar.

Die skool se leiers, personeel en SBL is uitgedaag om getrou saam te staan, leerbaar, diensbaar en verantwoordbaar te wees.

HSDA se skoliere het letterlik gelag, gehuil en geleer by hierdie wyse man. Ons is dankbaar vir die SBL wie sulke sessies gereël het.

Trots HSDA Arende!



Vlnr:

Vinny thanks Mr. Kotze personally

Mark Kotzé tydens die saalopening waar hy die leerders toespreek



Mark saam met die hoofleiers van HSDA:

Jaco-Erik van der Merwe, Anja Kleynhans, Iminathi Cube, Courtney van Syfer, Nomahlubi Nel, Marieke Steyn, Mark Kotze, Milly-van Samson, Qhawe Makalima, Waldo van der Merwe en André Theron,

Afwesig: Ethan Afrika

Die skool se leiers, personeel en SBL is uitgedaag om getrou saam te staan, leerbaar, diensbaar en verantwoordbaar te wees