2022 Ouetehuis bederf





OUETEHUIS BEDERF

Saterdag, 11 Junie, is Sonder Sorge behoorlik deur die onderwysers van Hoërskool De Aar op horings geneem.

Die onderwysers en ’n paar leerders in samewerking met die Kÿto Karoofees het die inwoners van Sonder Sorge en besoekers van Op die Kruin, met hul musikale talente vermaak en bederf met ’n heerlike middagete en nagereg.

Die inwoners en besoekers het die jolige atmosfeer en vriendelike geselsies terdeë geniet.





Mnr. Koen - Verwelkoming en Mev. J Nel - seremoniemeester



Nica Sadie opening en Prince Rejabu: klavier



Evelyn Botha- Byeboerwa dans



Johnnie Hattingh en Albé - Kitaar



Amoré Barnard - Klavier



Leandro - sang



Louis van Zyl - Sonder sorge