2022 SpadeReën Sending





SPADEREëN SENDING DEEL BYBELS UIT

Die afgelope week was talle Hoërskool De Aar Engels sprekende leerlinge bevoorreg genoeg om splinternuwe, pragtig kompakte Bybels, te ontvang.

Pastoor Hendriks, van die SpadeReën Sending, saam met ʼn lidmaat en ook SBL verteenwoordiger, Hentie van der Merwe, het hierdie oorhandiging kom doen en ʼn kort, kragtige boodskap daarmee saam gebring. Pastoor Hendriks het leerders aangemoedig om hierdie allesomvattende Boek, te begin lees, want hierin sal hul al die antwoorde op lewensvrae, vind. Verder het hy genoem, dat die Woord lewend en kragtig werkend is.

Engels sprekende graad 8 en graad 9 leerlinge het gretig hierdie groot geskenk ontvang.

Ons is opreg dankbaar vir hierdie fonds.



SPADEREëN SENDING DEEL BYBELS UIT

Die afgelope week was talle Hoërskool De Aar Engels sprekende leerlinge bevoorreg genoeg om splinternuwe, pragtig kompakte Bybels, te ontvang.