2022 Uitstappie





Op 8 September 2022 was die graad 10 Lewenswetenskap kinders op 'n uitstappie na die weermaggronde waar hulle wild kon besigtig en getel het.

Leerders het ook verskillende grasse identifiseer en benoem en meer van die omgewing geleer.

Leerders het baie by meneer Festus, wat 'n eersteklas kenner op hierdie gebied is, geleer!

Ons, as die Lewenswetenskappe graad 10 klas, bedank meneer Aldo Munz vir die reëlings by die weermaggronde, meneer Llwelyn Festus wat die toergids was en meneer Rudi Boshoff wat die bus bestuur het.

Ons bedank ook die volgende borge wat hierdie dag vir ons moontlik gemaak het:

Meneer Danny De Carvalho van Venotec vir die borg van koeldranke, Lara Nel en Aldo Barnard van Courier Guy vir die borg van buns en 'n annonieme borg vir die viennas.