2022 Vertoning van Onderwêreld





INSIGGEWENDE UITSTAPPIE

HSDA se Afrikaans Huistaal matrieks het Donderdag, 5 Mei, na ’n vertoning van Onderwêreld (hul voorgeskrewe boek) te Graaff-Reinet gaan kyk.

Dit was ’n puik opvoering deur André Stoltz Produksies en die akteurs het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Die matrieks het dit baie leersaam gevind en is nou gerat vir die eksamen.



HSDA se Afrikaans Huistaal Matrieks



ʼn Paar van HSDA se meisies saam met Greg - hul was gaande oor hom!



Elché-Mari Nel saam met Stefan van Niekerk wat die rol van Eckardt Wilken vertolk.



Carlynne saam met Arno Horn wat die rol van Greg Owen vertolk