2025 Uitstapdag





HSDA-matrieks geniet onvergeetlike uitstapdag!

Die matrieks van Hoërskool De Aar het op Donderdag, 17 Oktober 2025, hul jaar met ’n prettige en betekenisvolle uitstapdag afgesluit.

Die dag was vol lag, saamwees en herinneringe wat vir altyd sal bly voortleef. As deel van die verrigtinge het mnr. Gladwell Lulamile Nkumbi, burgemeester van De Aar, ’n inspirerende toespraak gelewer, waarin hy die matrieks aangemoedig het om met selfvertroue die toekoms tegemoet te gaan.

Hy het beklemtoon dat deursettingsvermoë, dissipline en nederigheid die sleutels tot sukses in die lewe is.

Die uitstapdag het nie net ’n kans gebied om te ontspan ná ’n besige akademiese jaar nie, maar ook om dankie te sê aan onderwysers en vriende vir die ondersteuning deur die jare.

Die skool wens die matrieks van 2025 alles van die beste toe met hul komende eindeksamens en die nuwe hoofstuk wat voorlê.