2021 Matriekfunksie





‘N AAND TUSSEN DIE STERRE

Op Vrydag 1 Oktober het Hoërskool De Aar se Matriekfunksie plaasgevind.

Die matriekfunksie is by Karoo Kooi gehou en Anrié Venter het dit in ‘n betowerende aand omskep.

Die atmosfeer van die aand was gesellig en elke matriek leerder het dit voorwaar geniet.

Baie dankie aan Karoo Kooi en hulle span asook die Graad 11’s wat ‘n onvergeetlike aand geskep het.

Die sterre van die aand het helder geskitter, die meisies het asemrowend mooi in hulle rokke gelyk en die seuns baie deftig in hul uitrustings

SKOOLHOOF SE TOESPRAAK

Shoot for the moon. Even if you miss, you’ll land among the stars!! That is where we are tonight ….. among the stars!!

Geagte Seremoniemeester, Personeel, Gr 11’s en hulle ouers en die eregaste van die aand – die matrieks van 2021.

In hierdie ongewone omstandighede waarin ons ons huidiglik bevind, het julle julleself oortref!! Omstandigheid verander maar altyd baie, maar ons moet leer om daarby aan te pas. So pragtig soos julle vanaand lyk, het julle dit reggekry deur jou deurmekaar omstandigheid sodanig tot jou eie voordeel aan te wend. Each and everyone of you is like a very special star and each and everyone is really shining brightly at this special occasion.

To the grade 11’s – you tried to make this a shining occasion, and you succeeded. To you and your parents under the leadership of Mrs Francette Kleinhans – thank you very much. Thank you also to mrs Botha and the gr 11 class teachers for their effort.

Don’t just look at the stars, be a star!! Waarom is dit so dat party sterrre helderder skyn as ander?? The energy INSIDE the star determines the brightness! Hoe meer energie, hoe helderder skyn jou ster. Elke matrikulant het binnekort die geleentheid om op akademiese gebied ‘n helder ster te wees. It is NEVER to late to change and to make a success….be a bright star. For those of you who are honest enough with yourself and admits to yourself that up until now, you have not worked hard enough, maybe you even failed, it is NEVER to late. There are still about four weeks before your final exams. As jy skouer aan die wiel sit en jou alles gee, kan jy ‘n skitterende ster matrikulant van HSDA wees. Ons gun dit vir jou en glo dat elke onderwyser jou gehelp het sover as wat hulle kan. Die bal is nou in jou hande – onthou: dis NOOIT te laat nie. Elke een van julle het die vermoë om op akademiese gebied ‘n ster te wees deur hard te werk en met vlieënde vaandels te slaag. Almal kan ook ewe helder skyn !! I am competition with myself!

Om ‘n skitterende helder ster te wees beteken egter verder dat jy in geheel ontwikkel en ten goede verander het. Ons glo dat jou fondasie sterk genoeg is om ‘n helder ster te wees.

Jy gaan al die advies en waardes wat jy geleer het by jou vriende, jou ouerhuis, jou kerk en ja, ons wil definitief ook glo, by jou onderwysers en Hoërskool De Aar, nodig hê, om jou deur hierdie “skitterende ster” tye by te staan. Ons wat almal by jou betrokke was en nog steeds is, glo dat ons jou goed genoeg toegerus het om jou deur hierdie verlore en onseker tye te lei sodat jou hele lewe sal wees soos ‘n ster wat baie helder skyn.

Elkeen van ons hier teenwoordig vanaand sal jou vordering, jou nuwe skitterende ster status, met arendsoë dophou omdat ons intens in jou belangstel. Julle is ‘n groep met oorgenoeg skitterende sterre. Skyn net!!!

Ons wense vir jou is dat jy ook jou nuwe helder, superster status, jou nuwe begin, gekry het by HSDA en dat dit by jou sal bly en dat jy dit sal koester.

Gaan vanaand na julle ouers/voogde/almal wat ‘n rol gespeel het in jou opvoeding toe en sê vir hulle baie dankie vir al die opofferings wat hulle gemaak om van jou ‘n skitterende ster te maak!

Die onderwyskorps van hierdie skool het probeer om elke kind in sy of haar geheel te ontwikkel. Die geleenthede was geskep vir elkeen van julle om holisties te ontwikkel in ‘n helder, skitterende ster – helderder as ooit, ook in hierdie ongewone omstandighede. Baie dankie aan elkeen van die personeel dat u bly probeer het.

A very bright star happens where there is a change in the core, more energy, in a star – brighter, stronger and better for the future.

Thank you.









Gasheervrou: Anja Kleynhans en Milly-van Samson



Graad 12 A: Me. A van Staden



Graad 12 B: Mev. J Barnard



Graad 12 V: Me. vd Heever



Personeel