2021 Matriekfunksie uitnodiging





MATRIEKFUNKSIE 2021

Groot opgewondenheid het verlede week onder die Graad 12’s geheers.

Die uitnodigings vir dié jaar se matriekfunksie is op Donderdag, 26 Augustus 2021 deur die graad 11’s aan die matrieks oorhandig.

Die uitnodigings is deur die Karoo Rebels motorfietsklub op hul motorfiets afgegee en met ‘n groot gebrul en gejuig is die uitnodigings aan elke graad 12-leerder oorhandig.

Die graad 11 en 12’s is opgewonde vir die funksie wat op 1 Oktober op Karoo Kooi Gasteplaas plaasvind.

Baie dankie aan die Karoo Rebels, wat verseker die geleentheid ekstra spesiaal gemaak het.