2022 Matriekafskeid





Op 30 September het die matriekleerders van Hoërskool De Aar hul plekke ingeneem, At the captain's table, by hulle matriekafskeid.

Die leerders het die skare betower met hul asemrowende uitrustings gedurende die parade na die saal.

Binne was die saal elegant volgens die tema versier.

Met heerlike kos van Kaalvoet Karoo, musiek wat die voete laat jeuk van DJ Brakkies en 'n sang en dans item van die graad 11's het elkeen die glansgeleentheid terdeë geniet.

Die graad 11's het heel jaar hard gewerk om te verseker dat hierdie aand 'n aand is om te onthou en hulle het hul goed van hul taak gekwyt.



Juffrou Nadia Nel en haar klas



Juffrou Joni Barnard en haar klas



Juffrou Annamart van den Heever en haar klas



Ethan Afrika (hoofseun) en sy metgesel Kristy--Ann Hufke



Anja Kleynhans (hoofmeisie) en André Theron (onder-hoofseun)



Kaylen Somers en haar metgesel



Personeel