2023 Sottekonsert





HSDA SOTTEKONSERT

Hoera! Die grad agts is uiteindelik volwaardige Arende! Die Sottekonsert het op Woensdag, 25 Januarie plaasgevind.

Die Seniorraad, onder leiding van Onthatile Matebes, wie die teks “Sing” saamgestel het, het baie hard gewerk om die graad agts voor te berei.

Die storielyn van die film “Sing” is gevolg en die graad agts het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Na al die opwindende dans- en sangitems het die dasseremonie plaasgevind.

Nou is hierdie nuwelinge definitief deel van die Arende-familie!





Die volgende leerders is met welverdiende titels gekroon:

Sottekoning: Joshua Sequeira

Sottekoningin: Llené Festus

Hardekoejawel sot: Landon Oliphant

Hardekoejawel sot meisie: Charlene Williams





Hierdie Arende is nou gereed vir die akademiese jaar wat voorlê, noudat die Oriënteringsweek agter die rug is.